1,1m vate ru-olie suksesvol van tenkskip verwyder

Die Verenigde Nasies sê al die olie wat deur ‘n vervalle tenkskip aan die kus van Jemen geberg is, suksesvol oorgedra is, wat ‘n einde bring aan wat as ‘n “tikkende tydbom” beskryf is. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê dat die skip-tot-skip-oordrag van olie van die FSO Safer veilig afgehandel is, en ‘n monumentale omgewings- en humanitêre katastrofe is vermy. Die 47-jarige tenkskip, was ‘n drywende stoor- en aflaaifasiliteit wat sedert die 1980’s sowat 50 kilometer van die Jemenitiese hawe van Hodeida vasgemeer was. Die vaartuig is sedert 2015 nie gediens en onderhou nie, weens die oorlog in Jemen. Daar was 1,1 miljoen vate olie aanboord, vier keer soveel as wat in die 1989 Exxon Valdez-ramp by Alaska, gestort is.