Zambezi-bewaringsgebiede ‘verloor’ amper N$460 000
Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu sê sy streek het permitte uitgereik vir die oes van 93 metrieke ton se hout, 300 dakpale, 935 pale en 770 sparre, vir beide kommersiële- en eie-gebruik. Daar is 3 527 permitte vir woud-produkte in die vorige boekjaar uitgereik met inkomste van 254 794 Namibiese dollar vir die streeksregering, en 324 000 dollar vir die gemeenskappe in die gemeenskapswoude. Bewaringsgebiede in die streek het 37,5 miljoen dollar in die boekjaar verdien met 11,6 miljoen dollar wat uitbetaal is aan inwoners van die 14 gebiede. Maar, die goewerneur sê amper 460 000 dollar het by die bewaringsgebiede weggeraak.