Pyplyn is kern van watervoorsiening vir Zambezi-streek
NamWater het die sooispit-seremonie gehou vir die vervangingsprojek van die waterpyplyn by Katima Mulilo. Die pyplyn is die kern van watervoorsiening in die Zambezi-streek. Die projek sal die groeiende vraag na water aanspreek en skoon drinkwater aan plaaslike gemeenskappe in landelike gebiede voorsien. Die projek wat teen ‘n koste van 2,4 miljoen Namibiese dollar uitgevoer is, is amptelik van stapel gestuur deur die streeksgoewerneur Lawrence Sampofu. Hy sê om voldoende en gehalte water aan Katima Mulilo en omliggende gebiede te voorsien, het ‘n groot uitdaging vir NamWater geword. Sampofu sê Katima Mulilo se inwoners kan getuig van die eindelose water-onderbrekings.