Trump en kie pleit weer onskuldig op nuwe dokument-klagtes

Die voormalige Amerikaanse President Donald Trump en sy gewese assistent, Walt Nauta, het onskuldig gepleit op  bykomende aanklagte wat die spesiale aanklaer Jack Smith in die ondersoek oor geklassifiseerde dokumente ingedien het. Mar-a-Lago-landgoed se eiendomsbestuurder, Carlos de Oliveira, se aanklagte is uitgestel omdat hy steeds nie ‘n Florida-prokureur het nie. Al drie staar nuwe aanklagte in die gesig. Dit sluit in dat hulle saamgesweer het tot dwarsboming van die gereg met pogings om kringtelevisiemateriaal by Mar-a-Lago uit te vee om inligting te verberg. Trump het reeds onskuldig gepleit op 37 strafregtelike aanklagte wat verband hou met sy hantering van geklassifiseerde materiaal.