Taxi-staking was alles verniet
Die Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hy is tevrede dat die verwoestende taxi-staking beëindig is en hy waardeer die opbouende benadering wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad gevolg het. Hy sê Santaco het Donderdag dieselfde voorstel aanvaar wat verlede Vrydag aangebied is. Hill-Lewis sê die tragiese gevolgtrekking is dat al die geweld, die betreurenswaardige verlies aan lewens en die skade aan eiendom en die plaaslike ekonomie verniet was: