SAN hou uitreik in die Noorde

Die Sekuriteits-vereniging van Namibië gaan ‘n inligtingsdag aanbied waar bedryfsleiers, kundiges en belanghebbendes sal saamtrek om die nuutste neigings, insigte en ontwikkelings in sekuriteitspraktyke te bespreek en te verken. Die inligtingsessie vind plaas op Ongwediva op 21 September 2023 vanaf half-agt die oggend. Hierdie geleentheid is daarop gemik om samewerking te bevorder en die sekuriteitslandskap in Namibië te versterk. Die kantoor-administrateur van die vereniging Celeste Lucas het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…