Mudge verwerp ook LGBTQ

Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, het die onderwysministerie en skoolrade versoek om die onderrig van geslagsidentiteit in laerskole te verwerp. Mudge sê sy party ondersteun nie die “bose” akademiese konsep wat aandring op die verspreiding van handboeke en onderrighulpbronne met eksplisiete prente aan kinders op pre-primêre en laerskoolvlakke nie. Hy sê hy is krities oor pogings om jong kinders toe te laat om te besluit of hulle van geslag wil verander. Mudge het ook sy teenkanting teen homoseksualiteit en die wettiging van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek. Sonder oordeel of veroordeling is die Bybel duidelik wanneer dit kom by onder meer homoseksualiteit. Dit stel dit duidelik dat dit nie net as ‘n sonde teen God se wil beskou word nie, maar is ‘n gruwel in sy oë. Hy sê dat dit in beginsel onaanvaarbaar is vir die meerderheid Namibiërs. Hy sê voorheen is dit privaat gehou maar vandag is die tipe leefstyl in die kollig.