Meer as N$260m op voertuie vir sensus

Die Namibiese Statistieke Agentskap ongeveer 263,2 miljoen Namibiese dollar bestee aan meer as 2 800 private voertuie wat gehuur word om sensus veldpersoneel te vervoer tydens die nasionale sensus wat na verwagting in September sal begin. Die sensus strek van 18 September tot 3 November, en ‘n betaling van 2 000 dollar sal daagliks gemaak word op elke voertuig wat gebruik word. ‘n Voertuigeienaar sal waarskynlik met 94 000 dollar in totaal wegstap aan die einde van die sensus. Die regering het vroeër vanjaar ‘n begrotingsvoorsiening van 706 miljoen dollar beskikbaar gestel vir die sensus hoewel die agentskap aanvanklik 1,1 miljard dollar wou hê.