Maureen en Job stoei voort in die hof
Die adjunkminister van finansies Maureen Hinda-Mbuende se saak teen Job Amupanda kom weer vandag vlugtig voor regter Hosea Angula voor. Die partye stoei op die oomblik oor ‘n getuie, Vitalio Angula, vir Hinda-Mbuende, wat kontak met Amupanda gemaak het en gesê het hy sal getuig net vir die ervaring. Amupanda vra nou toestemming om sy verklaring uit te brei wat die adjunkminister teenstaan. Hinda-Mbuende dagvaar Amupanda vir ‘n miljoen dollar in skadevergoeding na hy ‘n plasing oor haar op sosiale media gemaak het. In die plasing sê hy, saam met ‘n foto van haar, “It looks like deputy minister of finance Maureen Hinda during the liberation struggle. Maureen was soo WizWiz. It’s like she won’t think twice about taking a knife out!” Sy sê die publiek sal aflei dat sy graag baklei en gewelddadig is. Die plasing is op 28 Julie in 2021 gemaak. Amupanda verdedig die saak en sê Hinda-Mbuende is kwaad vir hom omdat sy aangetrokke is tot hom en hy nie tot haar nie.