Mackenzie bly in aanhouding, ondersoek nog nie voltooi nie
’n Keniaanse hof het die aanhouding van die kultusleier Paul Mackenzie verleng. Hy word daarvan beskuldig dat hy meer as 400 van sy volgelinge aangehits en moontlik gedwing het om hulself uit te honger. Mackenzie is sedert middel April in polisie-aanhouding terwyl ondersoekers na nog lyke in ‘n woud naby die kus van die Indiese Oseaan soek. Meer as 400 is reeds gevind. Die voormalige taxibestuurder en stigter van die Good News International Church moet nog ‘n pleidooi lewer. Hy het 29 medebeskuldigdes.