Lauren Dickason het glo drie dogters uit woede vermoor

Nieu-Seelandse staatsaanklaers glo die voormalige dokter van Pretoria, Lauren Dickason, het haar drie jong dogtertjies uit woede vermoor, kort nadat die gesin na die land verhuis het. Die staat het vandag slotbetoë in die hooggeregshof in Christchurch gelewer waar die 42-jarige Dickason daarvan beskuldig word dat sy Liané, Maya en Karla in September 2021 in die gesin se woning versmoor het. Die staat meen Dickason se optrede is aangevuur deur woede en beheer en hoewel sy aan depressie ly, het dit nie haar oordeel beïnvloed nie en moes sy besef het haar dade is moreel verkeerd.