Korrektiewe Diens gesels oor sy landbou-projekte te midde van uitdagings

Die Namibiese Korrektiewe Diens het ‘n geïntegreerde voedselproduksieprojek van stapel gestuur nie net om sy fasiliteite te bedien nie maar ook om voedselsekerheid in die land te verbeter. Daar is verskeie projekte in verskillende streke en volgens die hoof van die diens, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, is aanlegte onder besproeiing sonder enige haakplekke maar droëland produksie het gely. Daar is ook vee-projekte en die diere word tans gevoer.