Kaapse taxi-staking is verby

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy is verlig dat die agt dae lange minibustaxi-staking beëindig is. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad het sy wegbly-aksie laat Donderdagaand afgelas ná positiewe beraadslagings met die provinsiale regering en die Stad Kaapstad. Die onderhandelings het gegaan oor jare lange kwessies wat die taxibedryf raak, ondermeer die skut van voertuie. Winde sê die gewelddadige staking het veels te lank gesloer, met veral die arm inwoners van die provinsie wat die ergste geraak is: