Hoe kan Namibië ‘n balans tuseen olie en nulvrylatings tref?

Daar is reuse-druk op regerings wêreldwyd om fossielbrandstowwe te laat vaar ten gunste van hernubares. Namibië het sopas olie ontdek en daar is sommige wat meen dit is meer volhoubaar om eerder die bron nie te ontgin nie. Namibië het ook die Parys-ooreenkoms bekragtig en het dus onderneem om teen 2050 nul-vrylatings aan te teken. Maar, olie kan groot finansiële voordele vir die land inhou en President Hage Geingob is op rekord dat die land sy olie, nes Europa en die VSA gedoen het, sal ontgin en geld daaruit verdien. Kosmos 94.1 Nuus het met die deurwinterde ekonoom dr. John Steytler gepraat oor hoe die land ‘n balans tussen sy klimaat- en ekonomiese-doelwitte kan tref.