Groenwaterstof-kommissaris opgewonde oor program

Die Groenwaterstof-kommissaris, James Mnyupe, is opgewonde om Namibië se groenwaterstof-program vir vyf jaar lei. Dit volg nadat die minister van myne en energie Tom Alweendo die ingebruikneming van die implementerings-owerheidskantoor onder die groenwaterstof-program aangekondig het. Mnuype sal in hierdie verband direk aan die minister rapporteer en sal verantwoordelik wees om die nodige span te werf om die program in die komende maande te dryf. Intussen behou hy sy pligte as ekonomiese adviseur van President Hage Geingob. Mnyupe het meer oor hierdie kantoor gedeel toe hy met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het…

Hy verduidelik die portefeulje van die groenwaterstof-program.