GRN verdiep sy samewerking met Angola in olie-, gas-sektore

Namibië se minister van myne en energie Tom Alweendo sal die hoofspreker wees by die Angola Olie- en Gas-konferensie 2023 wat op 13 en 14 September in Luanda sal plaasvind. Alweendo sal insig gee oor Namibië se onlangse olie-, gas- en groenwaterstof-suksesse. Benewens olie en gas, is die ministerie aktief besig met ambisieuse groenwaterstof-projekte, wat deure oopmaak vir beide streeks- en internasionale rolspelers. Die ministerie werk nou saam met internasionale vennote soos Duitsland en Japan om die groenwaterstof-sektor in die land te vestig, maar aansienlike beleggings is steeds nodig om die groei en sukses daarvan te verseker. Angola streef ook na die ontwikkeling van grootskaalse groenwaterstof en beplan om sy eerste vrag in 2024 uit te voer. Namibië en Angola sal hul samewerking in die olie-, en gas-sektore verdiep.