Gratis rekenaarklasse vir leerders en volwassenes

Veutile Education Consultancy bied gratis rekenaarklasse aan vir kinders vanaf graad 7 tot graad 10, sowel as aan volwassenes in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling in die hoofstad. Hierdie program maak voorsiening vir meer as 500 leerders en soms word hulle ook daar gevoed, sodat hulle tydens hul klasse kan konsentreer. Die program word egter uitgedaag, want hul materiaal, sowel as voedsel-items raak min. Anita Feresiano, bemarkingsbeampte van die gemeenskaps-organisasie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en ‘n beroep op barmhartige Samaritane gedoen vir hulp.