Ecowas gee opdrag dat bystandsmag in Niger ontplooi word
Leiers van die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikalande, Ecowas, het opdrag gegee dat ‘n militêre reserwemag uit die streek geaktiveer en in Niger ontplooi word. ‘n Militêre junta het op die 26ste van verlede maand ‘n staatsgreep in die land uitgevoer. Die president van die Ecowas-streeksblok, Omar Touray, sê die ontplooiing is om grondwetlike orde in Niger te herstel. Mali en Burkina Faso, twee lande wat gelei word deur soldate wat mag oorgeneem het, waarsku dat enige ingryping in Niger as ‘n oorlogsverklaring beskou sal word.