Desentralisasie bly belangrik vir GRN
Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni het die regering se verbintenis tot die ondersteuning van ontwikkelingsinisiatiewe deur streeks- en plaaslike-owerheidsrade herbevestig. Hy sê desentralisasie bly ‘n kern-doelwit. Volgens die minister is een van die instrumente wat hulle gebruik om die ekonomiese potensiaal van streke en plaaslike owerhede te benut ‘n 2011-witskrif wat aangepas word en streeksontwikkeling bevorder. Maar hy voeg by dat die stelsel nog aandag nodig het voordat die volle voordele daarvan kan realiseer. Daar is uitdagings met omtrent al die belangrike stelsels en befondsing wat by die sentrale regering berus. Plaaslike owerhede word op die manier gekniehalter.