Clarence Thomas word onregverdig geteiken
Dit blyk of die Amerikaanse hooggeregshofregter Clarence Thomas Amerikaanse wetgewing oortree het deur te versuim om vlugte, seiljagvaarte en duur sportkaartjies bekend te maak wat deur welvarende vriende geskenk is. Hy het ten minste 38 luukse vakansies ontvang. Die verslag is die jongste in ‘n reeks onthullings van bande tussen die 75-jarige Thomas en ryk weldoeners, waarvan die meeste skenkers aan Republikeinse en konserwatiewe sake is. Hy het selfs skoolfondse ontvang. Thomas, ‘n konserwatiewe regter, ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het en Florida-goewerneur en moontlike Republikeinse presidensiële kandidaat Ron DeSantis meen hy word onregverdig geteiken.