Brittanje se NHS weer lamgelê deur stakingAugust 11, 2023
Daar is weer vandag ‘n staking in die Britse nasionale gesondheidsdiens. Beide die verpleërs en dokters sê hulle ure is uitmergelend en hulle salarisse te min om te oorleef. Die diens het ‘n erge agterstand en blyk om in chaos gedompel te wees. Ongevalle-dokter, Andrew Meyerson, het met Britse media gepraat.