Brent sal duur bly tot einde 2023, op US$86

In sy Augustus-korttermyn-energievooruitsig voorspel die Amerikaanse energie-inligtingsadministrasie dat die prys van Brent ru-olie in die tweede helfte van 2023 gemiddeld 86 Amerikaanse dollar per vat sal wees, sowat 7 dollar hoër as sy Julie-voorspelling vir dieselfde tydperk. Die prys het sedert Junie gestyg, hoofsaaklik as gevolg van uitgebreide besnoeiings aan Saoedi-Arabië en Rusland se ruolieproduksie en groeiende wêreldwye vraag. Die administrasie verwag dat die faktore sal voortgaan om wêreldwye olievoorraad te verminder en opwaartse druk op oliepryse in die komende maande sal plaas. Brent se prys is op met 9 persent in die afgelope maand, en 3,4 persent in die afgelope week. In die afgelope drie jaar, het die prys met amper 94 persent gestyg. Die kommoditeit verhandel net bo 86 dollar ‘n vat op die oomblik en alle voorspellings is dat daar ‘n brandstofprys verhoging in September sal wees.