Windhoekers betaal 8,6% meer vir krag, vanaf 1 Augustus

Elektrisiteit in die hoofstad is 8,6 persent duurder. Stad Windhoek het die verhoging aangekondig en sê dit is terugwerkend vanaf 1 Augustus. Die munisipale raad het aanvanklik vir ‘n 14 persent-verhoging by die Elektrisiteitbeheerraad aansoek gedoen. Die aansoek is laat ingedien en daarom die vertraging in die verhoging – dit moes reeds 1 Julie van krag gewees het. Die woordvoerder van die stad, Lydia Amutenya het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…