Taxi-staking gaan voort in die Wes-Kaap
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap sê hy sal voortgaan met sy wegbly-aksie hangende ‘n oplossing vir al die uitstaande kwessies met die Minibus-Taxi-taakspan. Die week lange staking is deur geweld en verwoesting gekenmerk. Die minister van Polisie, Bheki Cele, het bevestig dat vyf sterftes met die taxistaking verbind word. Santaco se provinsiale voorsitter, Mandla Hermanus, sê hulle is gekant teen die skut van voertuie om redes wat nie in die Wet op Nasionale Landvervoer genoem word nie: