Anthony Hopkins speel hoofrol in ‘One Life’

Die veteraan Britse akteur, Anthony Hopkins, sal die hoofrol vertolk in die komende biografiese rolprent, “One Life”, wat die verhaal vertel van ʼn held van die Joodse volksmoord, sir Nicholas Winton. Die Britse aandele-makelaar het 669 Joodse vlugtelinge voor die Tweede Wêreld-oorlog bygestaan om uit Tsjeggo-Slowakye pad te gee en hulle so teen die Nazi’s beskerm. Daar word weens sy optrede na Winton verwys as “die Britse Oskar Schindler”. Die rolprent is gegrond op sy dogter, Barbara, se boek van 2014, “If It’s Not Impossible … The Life of Sir Nicholas Winton”.