Ses dood in Hawaii-brande
Minstens ses mense is dood in ongekende veldbrande wat op Hawaii se Big Island en Maui woed. Die brande word aangedryf deur die sterk winde van die orkaan Dora. Groot dele van Lahaina, ‘n toerisme- en ekonomiese sentrum van 9 000 mense, is vernietig en honderde gesinne is ontwortel. Amerika se President Joe Biden het hulp na Hawaii gestuur terwyl die vlamme voortwoed en reddingspogings voortduur. Maui-distrik se burgemeester, Richard Bissen, sê baie huise en sakestrukture is heeltemal vernietig: