Schmidt bevestig verskeie uitdagings met vervoer oor Kaapse staking
Die voorsitter van die Namibiese Logistieke-vereniging, Harald Schmidt, sê lede van die publiek moet bewus wees dat daar wel onderbrekings in die vervoersektor is as gevolg van die geweld in die Wes-Kaap. Schmidt sê die plaaslike waardeketting word beïnvloed en aflewerings sal vertraag word.
Sy kommentaar kom na verbruikers gewaarsku is dat daar moontlik produktekorte op winkelrakke sal wees.