Noodtoestand in Equador ná sluipmoord
‘n Noodtoestand is in Equador verklaar na die sluipmoord op ‘n kandidaat in die presidensiële verkiesing later vandeesmaand. Fernando Villavicencio is doodgeskiet kort nadat hy ‘n politieke saamtrek in die hoofstad, Quito, verlaat het. Nog nege mens is gewond. Villavicencio was ‘n lid van die kongres en ‘n voormalige joernalis. Die President, Guillermo Lassa, het georganiseerde misdadigers die skuld vir die moord gegee. Villavicencio se suster wat agter hom geloop het, het die voorval as ‘n vlaag koeëls beskryf.