Ministerie maak graanopbrengste bekend
Die Namibiese landbouministeriesê die totale graanontleding toon dat die land 153 000 metrieke ton aangeteken het, 9 persent laer as die vorige seisoen se 168 200 ton maar, 23 persent bo die tien jaar gemiddelde produksie van 124 200 ton. Al die gewasproduserende streke in die kommunale gebiede het ‘n aansienlike afname in oeste aangeteken, en het slegs sowat 20 persent tot die nasionale graanproduksie bygedra. Jona Musheko, woordvoerder by die ministerie sê die swak reënval was net een bydraende faktor.