Grondwet-toep onder die loep vanaand
Die Konrad Adenauer-stigting en die Namibiese Wetenskaplike-vereniging bied vanaand ‘n bewusmakingsgeleentheid oor die Grondwet-toep. Die toep is tans beskikbaar om af te laai maar, is ook in Braille en inheemse tale beskikbaar. Dit is reeds verlede jaar van stapel gestuur om mense met gestremdhede by te staan. Claudia Gossow van die stigting het meer.