Cyril vra langer vonnisse vir oortreders van geslagsgeweld

President Cyril Ramaphosa vra strenger borgtogvoorwaardes en lewenslange vonnisse vir oortreders van geslagsgeweld en vrouemoord in die buurland. Hy het die hoofrede gelewer by die Vrouedag-viering by die Uniegebou in Pretoria. Die president sê meer as 12 000 polisiebeamptes is opgelei om gevalle van geslagsgeweld te hanteer. Ramaphosa sê die geweld wat mans teenoor vroue en meisies pleeg is ‘n aanval op algemene menslikheid: