China stel wetgewing in teen omgewingsbesoedeling

China se Hooggeregshof en Volks-prokuratoraat het ‘n geregtelike interpretasie vrygestel, gemik op die bekamping van misdade wat verband hou met omgewingsbesoedeling. Individue wat aanspreeklik bevind word vir die afvoer of wegdoen van gevaarlike materiale, soos radio-aktiewe afval wat lei tot skade aan wild en plante, sal nou boetes in die gesig staar. Dit sluit ‘n minimum-tronkstraf in van sewe jaar. Die vervaardiging en voorlegging van valse bewyse wat verband hou met omgewingsimpakstudies en die monitering van kweekhuisgasvrystellings, sal ook nou lei tot strafregtelike vervolging.