Chelsea werk saam met ondersoek na sy boeke
Chelsea sê hy sal sy volle samewerking gee in enige ondersoek na die klub. Die Premierliga ondersoek tans die Blues weens die moontlike oortreding van finansiële reëls terwyl Roman Abramovich die eienaar was. Die Rus het Chelsea aan ‘n konsortium onder leiding van die Amerikaanse belegger, Todd Boehly, en die privaat aandelemaatskappy, Clearlake Capital, verkoop. Die unie van Europese sokkerverenigings, UEFA, het die klub in Julie met 207 miljoen Namibiese dollar beboet omdat hy die Financial Fair Play-reëls oortree het toe hy tussen 2012 en 2019 onvolledige finansiële inligting ingedien het.