Brandstofprys sal in September plaaslik styg – ekonoom
Brandstofpryse sal na verwagting volgende maand in Suid-Afrika styg en die stand van sake blyk om dieselfde plaaslik te wees. Daar was tydens Julie reeds ‘n onderverhaling van meer as 50 sent ‘n liter wat die energiefonds absorbeer. Maar, nou het olie gestyg tot amper 88 Amerikaanse dollar ‘n vat en die Amerikaanse dollar het ook versterk met die rand wat amper teen 19 teen die Amerikaanse geldeenheid verhandel. Gepaard met produksie besnoeiings in Saoedi-Arabië en Rusland, sê die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu dat Namibiërs meer vir brandstof in September sal betaal.