Belastingbetaler moet betaal sodat LP-gades etiket kan leer

Daar word berig dat die Nasionale Vergadering 189 000 Namibiese dollar op ‘n vyfdag-kursus vir gades van LP’s sal spandeer. Die kursus sal blykbaar die gades leer hoe om hulself te gedra. Die waarnemende sekretaris van die Nasionale Raad Efraim Jane het die omsendskrywe uitgestuur. Dit word vanaf 20 tot 25 Augustus gehou. Reiskostes is nie in die begroting ingesluit nie maar daar word blykbaar beplan om 4 500 dollar per gade op vervoer en S&T te begroot. Die nuus het wenkbroue laat lig omdat die belastingbetaler die rekening, om gades te leer om etiket te hê en protokol na te kom, sal moet betaal.