Arbeidskenner: Toestroming vir poste dui op werkloosheidskrisisAugust 10, 2023
‘n Namibiese arbeidskenner het sy reaksie gegee op die meer as 100 000 aansoeke wat die Namibiese Statistieke-agentskap vir veldpersoneel-poste alleen ontvang het vir die komende sensus. Meer as 10 000 aansoeke is vir kantoor-poste deur hul aanlyn-werwing-stelsel ontvang het vir die Nasionale Bevolking- en Behuisingsensus wat slegs sowat 13 000 tydelike personeel vereis. Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die toestroming is ‘n bewys van die werkloosheidskrisis in die land.