Uitdagings by Rundu-hospitaal – ministerie weet al ‘n jaar daarvan

Die gesondheidsministerie het gereageer op die parlementêre staande komitee se verslag na sy streeksbesoek aan verskeie fasiliteite, wat die Rundu-hospitaal insluit. Daar is kommer oor die verkoelingfasiliteite by die hospitaal met berigte wat lui dat van die medikasies reeds verval het. Maar dit blyk asof die ministerie reeds ‘n jaar gelede bewus was van die probleem. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, sê in ‘n verklaring die ministerie is reeds sedert 2022 bewus van die uitdagings en daar is klaar berekeninge gedoen oor die werk en opknappings wat nodig is. Hy sê ‘n kontrakteur sal nou op ‘n dringende basis aangestel word om die probleem aan te spreek.