Taxi-staking verwoes onderwys in die Wes-Kaap
Die Wes-Kaapse minister van onderwys, David Maynier, het sy kommer oor die voortslepende taxi-staking in die provinsie uitgespreek en sê skoolbywoning word geraak. Amper 893 000 leerders het Dinsdag tuis gebly met meer wat vandag afwesig sal wees en 92 skole het ook intussen vanoggend gesluit. Hy sê die staking verwoes op die oomblik onderwys, in die belangrike tyd, in die Wes-Kaap.