Rol van vroue in SA op Vrouedag beklemtoon

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare sê ter herdenking van Vrouedag in die buurland vandag, erken hy die noodsaaklike rol wat vroue speel as broodwinners in meer as 40 persent van Suid-Afrikaanse huishoudings, wat 7,2 miljoen gesinne raak. Die VSA bly egter bekommerd oor gapings tussen geslagsbillikheidswette en vroue se werklikhede. Reuben Maleka van die vereniging sê hierdie vroue het met uitdagings te kampe rondom die verskaffing van gehalte onderwys, gesondheidsorg en ‘n lewe sonder gesinsgeweld. Maleka sê die verenigings onderneem om alle vorms van geweld en diskriminasie te beveg.