Publiek moet insette lewer oor seismiese ontledings aan die kus

Insette van die publiek en kusbewoners word benodig vir 2D en 3D seismiese navorsing aflandig van Walvisbaai, Lüderitz en die Oranje-bekken vir petroleum-eksplorasielisensies. Eastern Echo doen aansoek vir ‘n omgewingsklaring-sertifikaat in hierdie verband. Die eerste openbare vergadering vind vandag op Oranjemund plaas, môre op Lüderitz en op 16 Augustus op Walvisbaai. Risk-Base Solutions is deur Eastern Echo aangestel om die omgewingsimpakstudie in samewerking met mariene soogdiere-waarnemers en die visserye-beamptes uit te voer. Die sluitingsdatum vir geskrewe registrasie en voorstelle is 1 September.