Osino Resources sê beduidende goud by Eureka-projek ontdek

Osino Resources, die eienaar van die Twin Hills-goudprojek in sentraal-Namibië, het vandag die ontdekking van beduidende goud by die Eureka-groenveld-eksplorasieprojek, ongeveer 35 kilometer noordoos van die maatskappy se Ondundu-goudprojek, aangekondig. Dave Underwood, Osino se visepresident van eksplorasie het aan Namibian Sun bevestig hierdie ontdekking in ‘n gebied waar geen goud voorkom nie, getuig weer eens van die doeltreffende en stelselmatige ontdekkingsvermoë van die Osino-span. Underwood sê daar is verskeie bykomende teikens wat nog geboor moet word en hulle is baie positief oor Eureka naby Khorixas.