Hewige gevegte oor Nyl-brug dood nog 9 in Sudan
Sudan se weermag het pogings om veld te wen in die hoofstad Khartoem verskerp in van die hewigste gevegte sedert die begin van ‘n konflik in April. Sedert die begin van die week loods die weermag lugaanvalle om beheer oor ‘n brug oor die Nyl te neem wat deur die Rapid Support Forces gebruik word as voorsieningsroete. Die Rapid Support Forces baklei net so hard terug en dit het gelei tot hewige botsings in woonbuurte. Minstens nege burgerlikes is tot dusver in die jongste geweld dood.