Fokus op jeugbemagtiging in landbousektorAugust 9, 2023
‘n Konferensie oor die bemagtiging van jeug in die landbou-sektor in Namibië vind op 21 September in die hoofstad plaas. Die tema is “Unlocking the Potential of the Next Generation”. Die konferensie vind vanaf agt-uur die oggend in die Nasionale Teater van Namibië in Windhoek plaas. Ndeshi Shinedima, die organiseerder van die konferensie het met die Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die behoefte om die jongmense te motiveer.