Doodsdreigement bekommer Eskom-bestuur

Eskom is diep bekommerd oor ‘n beweerde doodsdreigement teen ‘n voormalige vastetermyn-kontrakwerker, Mantombi Mmushi. Die kragvoorsiener waarsku indien enige bewyse  gevind word dat ‘n werknemer of ‘n verskaffer vir die dreigement verantwoordelik was, kan dit lei tot afdanking en moontlike kriminele aanklagte. Daphne Mokwena van Eskom sê die organisasie plaas ‘n hoë premie op werknemers se beskerming as deel van sy stryd teen korrupsie, en werk nou saam met die polisie om die ondersoek te bespoedig. Sy het bevestig die saak word ook intern ondersoek: