Biden verklaar monument, keer uraanontginning
Die Amerikaanse President Joe Biden het ‘n nuwe nasionale monument naby die Grand Canyon verklaar. Die gebied, wat ongeveer 4 000 vierkante kilometer beslaan is uiters belangrik vir die inheemse stamme van die gebied en die proklamasie sal enige uraanontginning, verbied. Die gemeenskappe het reeds jare terug, gevra dat die gebied beskerm word. Biden sê die beskerming van inheemse regte, en grond, is uiters belangrik.