Unisa moet in sakeredding geplaas word – Blade

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, sê hy beplan om die Universiteit van Suid-Afrika in sakeredding te plaas en ‘n administrateur aan te stel. Die besluit volg ná verslae wat deur ‘n onafhanklike assessor en die Ministeriële Taakspan oor Unisa saamgestel is. Die departement se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê die verslae onthul ernstige finansiële en ander wanadministrasie by die universiteit: