Tweya bespreek rob-bevolking met Erongo-goewerneur

Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne Tjekero Tweya het sy kommer uitgespreek oor die vinnig groeiende rob-bevolking in Namibiese kuswaters. Hy beskou dit as ‘n bedreiging vir die visserysektor aangesien die robbe glo meer vis verbruik as wat aan die visserysektor toegewys word. Tweya het vandag ‘n hoflikheidsbesoek aan die goewerneur van Erongo, Neville Andre, gebring as deel van hul konsultasies. Die huidige rob-bevolking word op 1,5 miljoen geraam en elke rob vreet na bewering sowat drie of vier kilogram vis per dag. Andre het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…