Stad Tshwane dank 38 stakende werkers af
Die Stad Tshwane het 38 afdankingsbriewe uitgereik aan werknemers wat aan ‘n onwettige en onbeskermde staking deur die munisipale vakbond Samwu deelgeneem het. Daar is verder 89 briewe aan elektrisiteit-oorskakeling-spanne uitgereik omdat hulle versuim het om hul pligte uit te voer weens beweerde intimidasie deur stakende kollegas. Streek sewe is egter nie geraak nie. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, het Samwu se leierskap gekritiseer omdat hulle nie verantwoordelikheid aanvaar vir die onwettige staking nie, al het die Arbeidshof nie ‘n bevel vir minagting van die hof toegestaan nie.