Regeringsteikens is goeie nuus vir infrastruktuur vir elektriese voertuie
Electric Vehicles Namibia verwelkom die regering se teikens om teen 2025, 96 500 ligte elektriese voertuie in die land te hê. Hierdie stap is Namibië se verbintenis om kweekhuis-gasvrystellings te verminder, veral van die vervoersektor. Volgens ‘n onlangse studie van ‘n konsultant van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram Emmanuel Muzingwani, moet Namibië ten minste 2 678 elektriese voertuie per jaar op die pad kry om dié teiken te bereik. Namibië het volgens NaTIS meer as 11 785 miljoen voertuie op die paaie. Jens Denk van die vereniging sê dit is die eerste stap tot voldoende infrastruktuur wat krities is vir sukses. Hy lig ook die voordele van die tipe voertuie uit.