Pence sê hy sal teen Trump getuig indien hy geroep word
Die voormalige Amerikaanse vise-president Mike Pence sê hy het geen planne om teen oudpresident Donald Trump in sy verhoor te getuig nie, maar hy sal die wet gehoorsaam en getuig indien hy geroep word. Dit volg nadat Pence se voormalige baas Dinsdag op federale aanklagte aangekla is, oor sy pogings om aan bewind te bly nadat hy die 2020-verkiesing verloor het. Hy het onskuldig gepleit. Volgens die klagstaat het Trump herhaaldelik druk op Pence uitgeoefen om verkiesingstemme terug te stuur of te verwerp by die Kongres se sertifisering van die verkiesing. Hy het na bewering in ‘n stadium die voormalige vise-president te eerlik genoem. Pence sê Trump was verkeerd.
Trump se regspan meen Pence sal moontlik die belangrikste getuie wees vir hulle, omdat hy moontlik kan bewys dat Trump regtig geglo het die verkiesing is ‘gesteel’.